1 Kronieke 29:3 Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling 3 En omdat die huis van my God my so na aan die hart lê,+ gee ek ook my eie+ goud en silwer vir die huis van my God. Dit is nou bo en behalwe alles wat ek vir die heilige huis bymekaargemaak het. Psalm 26:8 Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling 8 Jehovah, ek is lief vir die huis waar u woon,+die plek waar u heerlikheid is.+ Psalm 69:9 Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling 9 Ywer vir u huis het my verteer,+en die beledigings van dié wat u beledig, het op my neergekom.+
3 En omdat die huis van my God my so na aan die hart lê,+ gee ek ook my eie+ goud en silwer vir die huis van my God. Dit is nou bo en behalwe alles wat ek vir die heilige huis bymekaargemaak het.