Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 1 Konings 19:10
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 10 Hy het geantwoord: “Ek het Jehovah, die God van die leërmagte, baie ywerig gedien.+ Die Israeliete het u verbond verbreek,+ hulle het u altare afgebreek en hulle het u profete met die swaard doodgemaak,+ en ek is die enigste een wat oorgebly het. Nou wil hulle my doodmaak.”+

  • Psalm 119:139
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 139 My ywer verteer my+

      omdat my vyande u woorde vergeet het.

  • Matteus 21:12, 13
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 12 Jesus het in die tempel ingegaan en almal uitgejaag wat in die tempel koop en verkoop. Hy het ook die tafels van die geldwisselaars* en die stoele van die duiweverkopers omgegooi.+ 13 En hy het vir hulle gesê: “Daar staan geskryf: ‘My huis sal ’n huis van gebed genoem word’,+ maar julle maak dit ’n skuilplek vir rowers.”+

  • Markus 11:15-17
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 15 Toe het hulle in Jerusalem aangekom. Daar het hy in die tempel ingegaan en die mense begin uitjaag wat in die tempel koop en verkoop, en hy het die tafels van die geldwisselaars* en die stoele van die duiweverkopers omgegooi,+ 16 en hy het niemand toegelaat om enigiets deur die tempel te dra nie. 17 Hy het die mense geleer en gesê: “Staan daar nie geskryf: ‘My huis sal ’n huis van gebed vir al die nasies genoem word’ nie?+ Maar julle het dit ’n skuilplek vir rowers gemaak.”+

  • Johannes 2:13-17
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 13 Die Pasga+ van die Jode was naby, en Jesus het na Jerusalem gegaan. 14 En toe hy by die tempel ingaan, was daar mense wat beeste en skape en duiwe+ verkoop het, en die geldwisselaars* het daar gesit. 15 En nadat hy ’n sweep van toue gemaak het, het hy hulle almal uit die tempel uitgejaag, saam met die skape en die beeste, en hy het die muntstukke van die geldwisselaars uitgegooi en hulle tafels omgekeer.+ 16 Hy het vir die duiweverkopers gesê: “Vat hierdie goed hier weg! Hou op om die huis van my Vader ’n besigheidsplek te maak!”*+ 17 Sy dissipels het onthou dat daar geskryf is: “Die ywer vir u huis sal my verteer.”+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel