-
Esegiël 34:13, 14Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
13 Ek sal hulle uit die volke uitlei en hulle uit die lande bymekaarmaak en hulle in hulle land inbring en vir hulle sorg op die berge van Israel,+ by die strome en by al die woonplekke van die land. 14 Op ’n goeie weiveld sal ek vir hulle sorg, en hulle sal op Israel se hoë berge wei.+ Hulle sal daar in ’n goeie weiplek gaan lê,+ en hulle sal op die beste weivelde op die berge van Israel wei.”
-