-
Hebreërs 10:5-9Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
5 Toe hy in die wêreld ingekom het, het hy dus gesê: “‘U wou nie ’n offerande of ’n offergawe hê nie, maar u het vir my ’n liggaam voorberei. 6 U het nie heelbrandoffers en sonde-offers goedgekeur nie.’+ 7 Toe het ek gesê: ‘Kyk! Ek het gekom (in die boekrol is daar oor my geskryf) om u wil te doen, o God.’”+ 8 Eers het hy gesê: “U wou nie offerandes en offergawes en heelbrandoffers en sonde-offers hê nie, en u het dit nie goedgekeur nie.” Dit verwys na offerandes wat volgens die Wet gebring word. 9 Dan sê hy: “Kyk! Ek het gekom om u wil te doen.”+ Hy verwyder dit wat eerste is sodat hy dit wat tweede is, kan instel.
-