-
1 Korintiërs 9:20-22Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
20 Vir die Jode het ek soos ’n Jood geword sodat ek Jode kan wen.+ Vir die mense onder die wet het ek soos iemand onder die wet geword, al is ek nie self onder die wet nie, sodat ek dié onder die wet kan wen.+ 21 Vir die mense sonder wet het ek soos iemand sonder wet geword, al is ek nie sonder wet ten opsigte van God nie, maar onder die wet ten opsigte van Christus,+ sodat ek dié sonder wet kan wen. 22 Vir die swakkes het ek swak geword sodat ek die swakkes kan wen.+ Ek het alles vir alle soorte mense geword sodat ek op elke moontlike manier sommige kan red.
-