15 Hy het gesê: “Luister, koning Joʹsafat en inwoners van Juda en Jerusalem! Dít is wat Jehovah vir julle sê: ‘Moenie vrees nie en moenie bang wees vir hierdie groot leërmag nie, want die geveg is nie julle s’n nie, maar God s’n.+
17 Julle sal nie in hierdie oorlog hoef te veg nie. Neem julle posisies in, staan stil+ en sien hoe Jehovah julle red.*+ O Juda en Jerusalem, moenie bang wees of vrees nie.+ Gaan môre teen hulle uit, en Jehovah sal met julle wees.’”+