19 Ek sal vir myself sê: “Jy* het baie goeie dinge weggesit vir die jare wat voorlê. Ontspan, eet, drink, geniet die lewe.”’ 20 Maar God het vir hom gesê: ‘Onredelike mens, vanaand sal jy sterf.* Wie gaan dan die dinge kry wat jy opgegaar het?’+
13 Luister nou, julle wat sê: “Vandag of môre sal ons na dié stad reis en ’n jaar daar bly, en ons sal besigheid doen en wins maak,”+14 terwyl julle nie weet hoe julle lewe môre sal wees nie.+ Want julle is ’n mis wat vir ’n klein rukkie verskyn en dan verdwyn.+