-
2 Kronieke 36:20, 21Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
20 Hy het almal wat nie met die swaard doodgemaak is nie, as gevangenes na Babilon geneem,+ en hulle het vir hom en sy seuns knegte geword+ totdat die koninkryk van Persië begin regeer het+ 21 en totdat die land sy sabbatte afbetaal het.+ Dit het vervul wat Jehovah deur middel van Jeremia gesê het.+ Die hele tyd dat die land onbewoon was, het die land gerus,* totdat 70 jaar vervul was.+
-