6 In die negende jaar van Hoseʹa het die koning van Assiʹrië Samariʹa+ ingeneem. Hy het die Israeliete toe in ballingskap+ na Assiʹrië geneem en hulle in Halag en in Habor by die Gosanrivier+ en in die stede van die Mede laat woon.+
6 Sy het weer swanger geword en aan ’n dogter geboorte gegee. En Hy het vir hom gesê: “Noem haar Lo-Ruhaʹma,* want ek sal nie langer genade+ aan die huis van Israel betoon nie. Ek sal hulle beslis wegdryf.+