-
Jeremia 25:32, 33Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
32 Dít is wat Jehovah van die leërmagte sê:
‘Rampspoed versprei van een nasie na die ander,+
en ’n groot storm sal uit die mees afgeleë dele van die aarde losbars.+
33 “‘En dié wat op daardie dag deur Jehovah doodgemaak is, sal van die een einde van die aarde tot aan die ander einde van die aarde lê. Daar sal nie oor hulle getreur word nie, en hulle sal ook nie versamel of begrawe word nie. Hulle sal soos mis op die oppervlak van die aarde word.’
-