Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 2 Konings 17:13, 14
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 13 Jehovah het Israel en Juda bly waarsku deur middel van al sy profete en al die sieners+ en gesê: “Draai om en los julle slegte weë!+ Gehoorsaam my gebooie en my wetsbepalings – alles in die wet wat ek julle voorvaders beveel het om te gehoorsaam en wat ek deur middel van my knegte, die profete, aan julle gestuur het.” 14 Maar hulle het nie geluister nie, en hulle het net so hardkoppig gebly soos* hulle voorvaders wat nie geloof in Jehovah hulle God gestel het nie.+

  • Hosea 7:10
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 10 Israel se trots getuig teen hom,+

      maar hulle het nie na Jehovah hulle God teruggekeer nie,+

      en ten spyte van alles het hulle hom nie gesoek nie.

  • Amos 4:6
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    •  6 ‘En ek het julle honger laat ly* in al julle stede

      en gesorg dat daar nie kos in enige van julle huise is nie.+

      En tog het julle nie na my teruggekeer nie,’+ sê Jehovah.

  • Amos 5:6
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    •  6 Soek Jehovah, en bly lewe,+

      sodat hy nie soos ’n vuur teen die huis van Josef losbars

      en Bet-El verteer nie, en daar niemand is wat dit blus nie.

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel