9 Luister asseblief hierna, hoofde van die huis van Jakob
en leiers van die huis van Israel,+
wat geregtigheid haat en wat alles wat reguit is, krom maak,+
10 wat Sion op bloed bou, en Jerusalem op onregverdigheid.+
11 Haar leiers oordeel vir ’n omkoopgeskenk,+
haar priesters onderrig teen ’n prys+
en haar profete beoefen waarsêery vir geld.+
En tog beweer hulle dat hulle op Jehovah vertrou, en sê:
“Is Jehovah nie met ons nie?+
Geen rampspoed sal oor ons kom nie.”+