-
Jeremia 17:5, 6Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
5 Dít is wat Jehovah sê:
“Vervloek is die man* wat op mense vertrou,+
wat op die krag van mense staatmaak*+
en wie se hart van Jehovah af wegdraai.
6 Hy sal soos ’n eensame boom in die woestyn word.
Hy sal nie sien wanneer die goeie kom nie,
maar hy sal in dorre plekke in die wildernis woon,
in ’n soutland waar niemand kan woon nie.
-