-
Josua 4:21-24Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
21 Toe het hy vir die Israeliete gesê: “Wanneer julle kinders in die toekoms vir hulle pa’s vra: ‘Wat beteken hierdie klippe?’+ 22 dan moet julle aan julle kinders verduidelik: ‘Israel het op droë grond deur die Jordaanrivier gegaan+ 23 toe Jehovah julle God die waters van die Jordaanrivier voor hulle laat opdroog het sodat hulle daardeur kon gaan, net soos Jehovah julle God met die Rooisee gedoen het toe hy dit voor ons laat opdroog het sodat ons daardeur kon gaan.+ 24 Hy het dit gedoen sodat al die volke van die aarde kan weet hoe magtig Jehovah se hand is+ en sodat julle Jehovah julle God altyd sal vrees.’”
-