Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Genesis 18
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van Genesis

      • Drie engele besoek Abraham (1-8)

      • Sara word seun belowe; sy lag (9-15)

      • Abraham pleit vir Sodom (16-33)

Genesis 18:1

Kantlynverwysings

  • +Ge 16:7; Rig 13:21
  • +Ge 13:18; 14:13

Genesis 18:2

Kantlynverwysings

  • +Ge 19:1

Indekse

  • Navorsingsgids

    “Hele Skrif”, bl. 18

Genesis 18:3

Indekse

  • Navorsingsgids

    “Hele Skrif”, bl. 18

Genesis 18:4

Kantlynverwysings

  • +Ge 19:2; 24:32

Indekse

  • Navorsingsgids

    “Hele Skrif”, bl. 18

Genesis 18:5

Indekse

  • Navorsingsgids

    “Hele Skrif”, bl. 18

Genesis 18:6

Voetnote

  • *

    Lett. “sea”. ’n Sea was gelyk aan 7,33 l. Sien Aanh. B14.

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2014/6/1, bl. 7

Genesis 18:8

Kantlynverwysings

  • +Heb 13:2

Genesis 18:9

Kantlynverwysings

  • +Ge 17:15

Genesis 18:10

Kantlynverwysings

  • +Ge 17:21; 21:2; Ro 9:9

Genesis 18:11

Kantlynverwysings

  • +Ge 17:17
  • +Ro 4:19

Genesis 18:12

Kantlynverwysings

  • +Heb 11:11; 1Pe 3:6

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring (Publieke uitgawe),

    nr. 5 2017 bl. 14

Genesis 18:14

Kantlynverwysings

  • +Jes 40:29; Mt 19:26; Lu 1:36, 37

Genesis 18:16

Kantlynverwysings

  • +Ge 13:12

Genesis 18:17

Kantlynverwysings

  • +Ps 25:14; Am 3:7

Genesis 18:18

Voetnote

  • *

    Of “’n seën vir hulleself verkry”.

Kantlynverwysings

  • +Ge 12:1-3; Ga 3:14

Genesis 18:19

Kantlynverwysings

  • +De 4:9

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2004/5/15, bl. 27

Genesis 18:20

Kantlynverwysings

  • +2Pe 2:7, 8
  • +Ge 13:13; Jud 7

Genesis 18:21

Kantlynverwysings

  • +Ge 11:5; Eks 3:7, 8; Ps 14:2

Indekse

  • Navorsingsgids

    Nader aan Jehovah, bl. 202

Genesis 18:22

Kantlynverwysings

  • +Ge 31:11; 32:30

Genesis 18:23

Kantlynverwysings

  • +Nu 16:22

Genesis 18:25

Kantlynverwysings

  • +Ps 37:10, 11; Spr 29:16; Mal 3:18; Mt 13:49
  • +De 32:4
  • +Job 34:12; Jes 33:22

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring (Studie-uitgawe),

    2017/4, bl. 18-19

    Die Wagtoring,

    2010/10/15, bl. 6

    2010/4/15, bl. 14

    2009/1/1, bl. 24

    2004/5/15, bl. 5

    2003/7/15, bl. 16-17

Genesis 18:28

Kantlynverwysings

  • +Nu 14:18; Ps 86:15

Genesis 18:30

Kantlynverwysings

  • +Eks 34:6

Indekse

  • Navorsingsgids

    Nader aan Jehovah, bl. 203

Genesis 18:32

Indekse

  • Navorsingsgids

    Nader aan Jehovah, bl. 203

    “Hele Skrif”, bl. 18

Genesis 18:33

Kantlynverwysings

  • +Ge 18:2, 22

Parallelle vertalings

Klik op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

Gen. 18:1Ge 16:7; Rig 13:21
Gen. 18:1Ge 13:18; 14:13
Gen. 18:2Ge 19:1
Gen. 18:4Ge 19:2; 24:32
Gen. 18:8Heb 13:2
Gen. 18:9Ge 17:15
Gen. 18:10Ge 17:21; 21:2; Ro 9:9
Gen. 18:11Ge 17:17
Gen. 18:11Ro 4:19
Gen. 18:12Heb 11:11; 1Pe 3:6
Gen. 18:14Jes 40:29; Mt 19:26; Lu 1:36, 37
Gen. 18:16Ge 13:12
Gen. 18:17Ps 25:14; Am 3:7
Gen. 18:18Ge 12:1-3; Ga 3:14
Gen. 18:19De 4:9
Gen. 18:202Pe 2:7, 8
Gen. 18:20Ge 13:13; Jud 7
Gen. 18:21Ge 11:5; Eks 3:7, 8; Ps 14:2
Gen. 18:22Ge 31:11; 32:30
Gen. 18:23Nu 16:22
Gen. 18:25Ps 37:10, 11; Spr 29:16; Mal 3:18; Mt 13:49
Gen. 18:25De 32:4
Gen. 18:25Job 34:12; Jes 33:22
Gen. 18:28Nu 14:18; Ps 86:15
Gen. 18:30Eks 34:6
Gen. 18:33Ge 18:2, 22
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
  • 22
  • 23
  • 24
  • 25
  • 26
  • 27
  • 28
  • 29
  • 30
  • 31
  • 32
  • 33
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Genesis 18:1-33

Genesis

18 Later het Jehovah+ by die groot bome van Mamre+ aan Abraham verskyn terwyl hy gedurende die warmste deel van die dag by die ingang van die tent gesit het. 2 Hy het opgekyk en gesien dat drie manne ’n ent van hom af staan.+ Toe hy hulle sien, het hy van die ingang van die tent af na hulle toe gehardloop en na die grond toe neergebuig. 3 Toe het hy gesê: “Jehovah, as ek u goedkeuring het, moet u asseblief nie by u kneg verbygaan nie. 4 Ek sal water laat haal sodat julle voete gewas kan word.+ Daarna kan julle onder die boom rus. 5 Julle het nou na julle kneg toe gekom. Ek sal ’n stukkie brood bring sodat julle nuwe krag kan kry. Dan kan julle verder gaan.” Hulle het gesê: “Nou maar goed. Jy mag doen soos jy gesê het.”

6 Toe het Abraham vinnig na die tent gegaan, waar Sara was, en gesê: “Maak gou! Kry drie mate* fynmeel, knie die deeg en maak brode.” 7 Daarna het Abraham na die beeste gehardloop en ’n goeie jong bul met sagte vleis gekies. Hy het dit vir die dienaar gegee, wat dit vinnig voorberei het. 8 Hy het toe botter en melk en die jong bul wat hy voorberei het, geneem en dit aan hulle bedien. Toe het hy by hulle onder die boom gestaan terwyl hulle geëet het.+

9 Hulle het vir hom gevra: “Waar is Sara, jou vrou?”+ Hy het geantwoord: “Hier in die tent.” 10 Toe het een van hulle gesê: “Ek sal beslis volgende jaar dié tyd na jou toe terugkeer, en dan sal jou vrou Sara ’n seun hê.”+ En Sara het geluister by die ingang van die tent, wat agter die man was. 11 Abraham en Sara was oud.+ Sara was al te oud om kinders te hê.+ 12 Sara het dus by haarself gelag en gesê: “Sal ek regtig sulke vreugde ervaar, noudat ek en my heer oud is?”+ 13 Toe het Jehovah vir Abraham gesê: “Hoekom het Sara gelag en gesê: ‘Gaan ek werklik geboorte gee, al is ek oud?’ 14 Is enigiets onmoontlik vir Jehovah?+ Ek sal volgende jaar dié tyd na jou toe terugkeer, en Sara sal ’n seun hê.” 15 Maar Sara het dit ontken en gesê: “Ek het nie gelag nie!” want sy was bang. Maar hy het gesê: “Ja, jy het gelag!”

16 Toe het die manne opgestaan om te vertrek, en Abraham het saam met hulle geloop. Hulle het afgekyk in die rigting van Sodom.+ 17 Jehovah het gesê: “Ek sal nie vir Abraham wegsteek wat ek gaan doen nie.+ 18 Abraham sal ’n groot en magtige nasie word, en al die nasies van die aarde sal deur middel van hom geseën word.*+ 19 Want ek het Abraham leer ken, en ek weet dat hy sy seuns en sy nakomelinge sal beveel om Jehovah se weg te volg deur te doen wat reg en regverdig is,+ sodat Jehovah sy belofte in verband met Abraham kan vervul.”

20 Toe het Jehovah gesê: “Die klagte teen Sodom en Gomorʹra is baie groot,+ en hulle sonde is baie ernstig.+ 21 Ek sal afgaan om te sien of die klagte wat ek gehoor het, waar is en of hulle dade werklik so goddeloos is. Ek wil uitvind of dit so is of nie.”+

22 Toe het die manne daarvandaan vertrek en in die rigting van Sodom gegaan, maar Jehovah+ het by Abraham gebly. 23 Toe het Abraham nader gekom en gesê: “Gaan u regtig die regverdige mense saam met die goddelose mense vernietig?+ 24 Sê nou daar is 50 regverdige mense in die stad. Sal u hulle vernietig? Sal u nie die plek vergewe ter wille van die 50 regverdige mense wat daarin is nie? 25 U sal tog sekerlik nie die regverdige persoon saam met die goddelose persoon doodmaak, sodat die regverdige persoon dieselfde uiteinde as die goddelose persoon sal hê nie!+ U sal dit nie doen nie.+ Sal die Regter van die hele aarde nie doen wat reg is nie?”+ 26 Toe het Jehovah gesê: “As ek 50 regverdige mense in die stad Sodom vind, sal ek die hele plek ter wille van hulle vergewe.” 27 Maar Abraham het geantwoord: “Asseblief, Jehovah, laat my toe om weer met u te praat, al is ek net stof en as. 28 Sê nou daar is nie 50 regverdige mense nie, maar 5 minder. Sal u die hele stad vernietig weens die 5?” Toe het Hy gesê: “Ek sal dit nie vernietig as ek 45 daar vind nie.”+

29 Maar Abraham het weer met hom gepraat en gesê: “Sê nou 40 word daar gevind.” Hy het geantwoord: “Ek sal dit nie doen ter wille van die 40 nie.” 30 Maar hy het verder gesê: “Jehovah, moet asseblief nie kwaad word nie,+ maar laat my verder praat: Sê nou daar word net 30 daar gevind.” Hy het geantwoord: “Ek sal dit nie doen as ek 30 daar vind nie.” 31 Maar hy het gesê: “Asseblief, Jehovah, laat my toe om weer met u te praat: Sê nou daar word net 20 daar gevind.” Hy het geantwoord: “Ek sal dit nie vernietig ter wille van die 20 nie.” 32 Laastens het hy gesê: “Jehovah, moet asseblief tog nie kwaad word nie, maar laat my nog net een keer praat: Sê nou daar word net tien daar gevind.” Hy het geantwoord: “Ek sal dit nie vernietig ter wille van die tien nie.” 33 Toe Jehovah klaar met Abraham gepraat het, het hy weggegaan,+ en Abraham het na sy plek teruggekeer.

Afrikaanse publikasies (1975-2021)
Teken af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2021 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel