-
Markus 1:2-4Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
2 Net soos daar geskryf is in die boek van die profeet Jesaja: “(Kyk! Ek stuur my boodskapper voor jou uit, wat jou weg sal voorberei.)+ 3 Iemand roep in die wildernis uit: ‘Berei die weg van Jehovah* voor! Maak sy paaie reguit.’”+ 4 Johannes die Doper was in die wildernis en het verkondig dat mense hulle moet laat doop as ’n simbool van berou sodat hulle sondes vergewe kan word.+
-
-
Lukas 3:3-6Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
3 Hy het deur die hele omgewing rondom die Jordaanrivier gegaan en verkondig dat mense hulle moet laat doop as ’n simbool van berou sodat hulle sondes vergewe kan word,+ 4 net soos daar in die boek van die profeet Jesaja geskryf is: “Iemand roep in die wildernis uit: ‘Berei die weg van Jehovah* voor! Maak sy paaie reguit.+ 5 Elke vallei moet opgevul word, en elke berg en heuwel moet gelykgemaak word. Die draaie moet reguit gemaak word, en die ongelyke plekke gelyk, 6 en alle mense* sal die redding van God sien.’”*+
-