7 Jehovah het toe vir Moses gesê: “Kyk, ek het jou soos God gemaak vir Farao, en jou eie broer Aäron sal jou profeet word.+ 2 Jy moet alles herhaal wat ek jou sal beveel, en jou broer Aäron sal met Farao praat, en hy sal die Israeliete uit sy land wegstuur.