4 Jeremia het toe vir Barug,+ die seun van Neriʹa, geroep, en Jeremia het al die woorde wat Jehovah vir hom gesê het, gedikteer, en Barug het dit in die boekrol geskryf.+
26 Verder het die koning Jeragʹmeël, die seun van die koning, Seraʹja, die seun van Asʹriël, en Selemʹja, die seun van Abʹdeël, beveel om die sekretaris Barug en die profeet Jeremia te gaan haal, maar Jehovah het hulle weggesteek.+