-
Jeremia 45:2-5Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
2 “Dít is wat Jehovah, die God van Israel, oor jou sê, Barug: 3 ‘Jy het gesê: “Dit gaan sleg met my, want Jehovah het hartseer by my pyn gevoeg! Ek is moeg as gevolg van my gekreun, en ek het geen rusplek gevind nie.”’
4 “Jy moet vir hom sê: ‘Dít is wat Jehovah sê: “Wat ek opgebou het, breek ek af, en wat ek geplant het, ruk ek uit – die hele land.+ 5 Maar jy soek* groot dinge vir jouself. Hou op om hierdie dinge te soek.”’
“‘Want ek gaan binnekort rampspoed oor alle mense* bring,’+ sê Jehovah, ‘en waar jy ook al gaan, sal ek jou lewe spaar.’”+
-