Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 2 Konings 25:4-7
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 4 is daar deur die stad se muur gebreek.+ Terwyl die Galdeërs die stad omsingel het, het al die soldate in die nag deur die poort tussen die twee mure naby die koning se tuin gevlug. En die koning het met die pad van die Aʹraba gegaan.+ 5 Maar die leërmag van die Galdeërs het die koning agternagesit, en hulle het hom in die woestynvlaktes van Jeʹrigo ingehaal, en al sy soldate wat saam met hom was, is verstrooi. 6 Toe het hulle die koning gevang+ en hom na die koning van Babilon in Ribla geneem, en hulle het hom gevonnis. 7 Hulle het Sedekiʹa se seuns voor sy oë doodgemaak. Nebukadneʹsar het Sedekiʹa se oë toe verblind, sy voete in koperboeie gesit en hom na Babilon geneem.+

  • Jeremia 52:7-11
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 7 is daar uiteindelik deur die stad se muur gebreek. Terwyl die Galdeërs die stad omsingel het, het al die soldate in die nag deur die poort tussen die twee mure naby die koning se tuin uit die stad gevlug, en hulle het gebly op die pad van die Aʹraba.+ 8 Maar die leërmag van die Galdeërs het die koning agternagesit, en hulle het Sedekiʹa+ in die woestynvlaktes van Jeʹrigo ingehaal, en al sy soldate wat saam met hom was, is verstrooi. 9 Toe het hulle die koning gevang en hom na die koning van Babilon geneem, in Ribla, in die land Hamat, en hy het hom gevonnis. 10 En die koning van Babilon het Sedekiʹa se seuns voor sy oë doodgemaak, en hy het ook al die leiers van Juda daar in Ribla doodgemaak. 11 Toe het die koning van Babilon Sedekiʹa se oë verblind,+ sy voete in koperboeie gesit, hom na Babilon geneem en hom tot die dag van sy dood gevange gehou.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel