-
Jeremia 32:4, 5Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
4 en koning Sedekiʹa van Juda sal nie van die Galdeërs wegkom nie, want hy sal vir seker in die hand van die koning van Babilon gegee word, en hy sal direk met hom praat, en hulle sal mekaar in die oë kyk.”’+ 5 ‘Hy sal Sedekiʹa na Babilon neem, en daar sal hy bly totdat ek my aandag op hom rig,’ sê Jehovah. ‘Hoewel julle aanhou om teen die Galdeërs te veg, sal julle nie suksesvol wees nie.’”+
-
-
Esegiël 12:12, 13Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
12 Die hoofman onder hulle sal sy besittings op sy skouer dra en in die donker vertrek. Hy sal ’n gat deur die muur breek en sy besittings daardeur dra.+ Hy sal sy gesig bedek sodat hy nie die grond kan sien nie.’ 13 Ek sal my net oor hom uitsprei, en hy sal in my vangnet gevang word.+ Dan sal ek hom na Babilon bring, na die land van die Galdeërs, maar hy sal dit nie sien nie, en hy sal daar sterf.+
-