-
Jeremia 21:7Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
7 “‘“En daarna,” sê Jehovah, “sal ek koning Sedekiʹa van Juda en sy knegte en die volk van hierdie stad – dié wat die vreeslike siektes, die swaard en die hongersnood oorleef – in die hand gee van koning Nebukadneʹsar* van Babilon, in die hand van hulle vyande en in die hand van dié wat hulle wil doodmaak.+ Hy sal hulle met die swaard doodmaak. Hy sal hulle nie jammer kry nie, en hy sal ook nie medelye* hê of enige genade betoon nie.”’+
-
-
Jeremia 34:18-20Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
18 En dít is wat sal gebeur met die manne wat my verbond verbreek het deur nie die woorde uit te voer van die verbond wat hulle voor my gemaak het toe hulle die kalf in twee gesny het en tussen die helftes deurgegaan het nie,+ 19 naamlik die leiers van Juda, die leiers van Jerusalem, die hofbeamptes, die priesters en die hele volk van die land wat tussen die helftes van die kalf deurgegaan het: 20 Ek sal hulle in die hand gee van hulle vyande en van dié wat hulle lewe wil neem, en hulle lyke sal kos word vir die voëls van die hemel en vir die diere van die aarde.+
-