-
Jeremia 39:5-7Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
5 Maar die leërmag van die Galdeërs het hulle agternagesit, en hulle het Sedekiʹa in die woestynvlaktes van Jeʹrigo ingehaal.+ Hulle het hom gevang en hom gebring na koning Nebukadneʹsar* van Babilon, in Ribla,+ in die land Hamat,+ waar hy hom gevonnis het. 6 Die koning van Babilon het die seuns van Sedekiʹa voor sy oë daar in Ribla laat doodmaak, en die koning van Babilon het al die belangrike mense van Juda laat doodmaak.+ 7 Toe het hy Sedekiʹa se oë verblind, en daarna het hy sy voete in koperboeie gesit om hom na Babilon te neem.+
-
-
Jeremia 52:9-11Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
9 Toe het hulle die koning gevang en hom na die koning van Babilon geneem, in Ribla, in die land Hamat, en hy het hom gevonnis. 10 En die koning van Babilon het Sedekiʹa se seuns voor sy oë doodgemaak, en hy het ook al die leiers van Juda daar in Ribla doodgemaak. 11 Toe het die koning van Babilon Sedekiʹa se oë verblind,+ sy voete in koperboeie gesit, hom na Babilon geneem en hom tot die dag van sy dood gevange gehou.
-