Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Deuteronomium 4:27
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 27 Jehovah sal julle onder die volke verstrooi,+ en net ’n paar van julle sal bly lewe+ onder die nasies waarheen Jehovah julle sal verdryf.

  • Deuteronomium 28:48
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 48 Jehovah sal julle vyande teen julle stuur, en julle sal hulle dien+ terwyl julle honger+ en dors is en nie genoeg klere het om aan te trek nie en ’n gebrek aan alles het. Hy sal ’n ysterjuk op julle nek sit totdat hy julle uitgeroei het.

  • Deuteronomium 29:24, 25
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 24 dan sal hulle en al die nasies vra: ‘Hoekom het Jehovah dit aan hierdie land gedoen?+ Wat was die oorsaak van hierdie groot, brandende woede?’ 25 Dan sal hulle sê: ‘Dit was omdat hulle die verbond van Jehovah,+ die God van hulle voorvaders, verlaat het, wat hy met hulle gemaak het toe hy hulle uit Egipte uitgelei het.+

  • 2 Kronieke 7:21, 22
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 21 En hierdie huis sal verwoes word. Elkeen wat daar verbygaan, sal verbaas wees+ en vra: ‘Hoekom het Jehovah dit aan hierdie land en hierdie huis gedoen?’+ 22 Dan sal hulle sê: ‘Dit is omdat hulle Jehovah verlaat het,+ die God van hulle voorvaders, wat hulle uit Egipte uitgelei het,+ en omdat hulle ander gode gekies en voor hulle neergebuig en hulle gedien het.+ Dit is hoekom hy al hierdie rampspoed oor hulle gebring het.’”+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel