13 Maar julle het al hierdie dinge bly doen,’ sê Jehovah, ‘en hoewel ek keer op keer* met julle gepraat het, het julle nie geluister nie.+ Ek het julle bly roep, maar julle het nie geantwoord nie.+
10 Hierdie goddelose volk wat weier om my woorde te gehoorsaam,+ wat hardkoppig is en hulle eie hart volg+ en wat ander gode volg deur hulle te dien en voor hulle neer te buig, sal net soos hierdie lyfband word wat glad nie gebruik kan word nie.’