-
2 Kronieke 36:15, 16Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
15 Jehovah, die God van hulle voorvaders, het hulle keer op keer deur middel van sy boodskappers gewaarsku, want hy het jammer gevoel vir sy volk en sy tempel.* 16 Maar hulle het die boodskappers van die ware God bly spot,+ en hulle het sy woorde geïgnoreer+ en sy profete uitgelag,+ totdat Jehovah vir sy volk woedend geword het+ en daar geen hoop was dat hulle genees kon word nie.
-
-
Jeremia 25:3, 4Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
3 “Vanaf die 13de jaar van Josiʹa+ die seun van Amon, die koning van Juda, tot vandag toe, gedurende hierdie 23 jaar, het Jehovah met my gepraat, en ek het keer op keer* met julle gepraat, maar julle het nie geluister nie.+ 4 En Jehovah het keer op keer* al sy knegte, die profete, na julle toe gestuur, maar julle het nie geluister of aandag geskenk nie.+
-