-
Deuteronomium 28:54-57Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
54 “Selfs die sagste en sensitiefste man onder julle sal glad nie jammer voel vir sy broer of sy geliefde vrou of sy seuns wat oorbly nie, 55 en hy sal nie ’n stukkie van die vlees van sy seuns wat hy sal eet, met hulle deel nie, want hy sal niks anders hê nie omdat die beleëring en die rampspoed wat julle vyand oor julle stede sal bring, so erg sal wees.+ 56 En die delikate en sensitiewe vrou onder julle wat nooit eers daaraan gedink het om haar voetsool op die grond te sit nie omdat sy so delikaat is,+ sal glad nie jammer voel vir haar geliefde man of haar seun of haar dogter nie, 57 want sy sal nie die nageboorte wat tussen haar bene uitkom en die kinders waaraan sy geboorte gegee het, met hulle deel nie. Sy sal alles in die geheim eet omdat die beleëring en die rampspoed wat julle vyand oor julle stede sal bring, so erg sal wees.
-