-
Numeri 16:39, 40Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
39 Toe het die priester Eleaʹsar die kopervuurbakke geneem wat aangebied is deur dié wat deur die vuur verteer is, en hy het dit plat geslaan om die altaar daarmee oor te trek, 40 net soos Jehovah vir hom deur middel van Moses gesê het. Dit was ’n herinnering vir die Israeliete dat geen persoon* wat nie uit die nageslag van Aäron is, mag nader kom om reukwerk voor Jehovah te brand nie+ en dat niemand soos Korag en sy ondersteuners moet word nie.+
-
-
Esegiël 44:15, 16Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
15 “‘Die Levitiese priesters, die seuns van Sadok,+ wat die verantwoordelikhede van my heiligdom nagekom het toe die Israeliete van my af weggedwaal het,+ sal my nader om my te dien, en hulle sal voor my staan om die vet+ en die bloed+ vir my aan te bied,’ sê die Soewereine Heer Jehovah. 16 ‘Dit is hulle wat in my heiligdom sal inkom, en hulle sal my tafel nader om my te dien,+ en hulle sal hulle verantwoordelikhede teenoor my nakom.+
-