-
Josua 21:1, 2Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
21 Die hoofde van die vaderhuise van die Leviete het toe na die priester Eleaʹsar,+ Josua, die seun van Nun, en die hoofde van die vaderhuise van die stamme van Israel gegaan. 2 Hulle het vir hulle in Silo+ in die land Kanaän gesê: “Jehovah het deur middel van Moses beveel dat stede aan ons gegee moet word om in te woon, asook die omliggende weivelde vir ons vee.”+
-