-
Esegiël 10:9-13Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
9 Terwyl ek gekyk het, het ek vier wiele langs die gerubs gesien, een wiel langs elke gerub, en dit het gelyk asof die wiele soos chrisolietsteen gloei.+ 10 Al vier het dieselfde gelyk, en dit was asof daar ’n wiel binne-in ’n wiel is. 11 Wanneer hulle beweeg het, kon hulle in enige van die vier rigtings gaan sonder om te draai, want hulle het in die rigting gegaan waarheen die kop gekyk het sonder om te draai. 12 Hulle liggame, hulle rûe, hulle hande, hulle vlerke en die wiele, al vier se wiele, was heeltemal vol oë.+ 13 Ek het ’n stem gehoor wat uitgeroep het en vir die wiele gesê het: “Draaiende wiele!”
-