-
Esegiël 1:15-18Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
15 Terwyl ek die lewende wesens dopgehou het, het ek een wiel op die grond gesien langs elkeen van die lewende wesens met vier gesigte.+ 16 Die wiele het gegloei soos chrisoliet, en al vier het dieselfde gelyk. Elke wiel was so gemaak dat dit gelyk het asof daar ’n wiel binne-in ’n wiel is.* 17 Wanneer hulle beweeg het, kon hulle in enige van die vier rigtings gaan sonder om te draai. 18 Die wiele was ontsagwekkend hoog, en die buitenste rande van al vier wiele was reg rondom vol oë.+
-