-
Esegiël 8:3, 4Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
3 Toe het hy iets wat soos ’n hand gelyk het, na my toe uitgesteek en my aan die hare gevat, en ’n gees het my tussen die aarde en die hemel gedra en my deur middel van die visioene van God na Jerusalem geneem, na die ingang van die binneste poort+ wat noord kyk, waar ’n afgodsbeeld staan wat God se woede laat opvlam.*+ 4 En kyk! die heerlikheid van die God van Israel was daar,+ soos die verskyning wat ek in die valleivlakte gesien het.+
-