29 “In daardie dae sal hulle nie meer sê: ‘Die pa’s het suur druiwe geëet, maar die kinders het die suur smaak in hulle mond gehad’ nie.+ 30 Maar dan sal elkeen vir sy eie oortreding sterf. Enigiemand wat suur druiwe eet, sal die suur smaak in sy eie mond hê.”