48 Die koning het Daniël toe ’n belangrike man gemaak en vir hom baie, waardevolle geskenke gegee, en hy het hom die heerser oor die hele Babilon-provinsie+ en die hoofprefek oor al die wyse manne van Babilon gemaak.
16 Maar ek het gehoor dat jy geheime kan openbaar+ en moeilike probleme kan oplos.* As jy dan nou die skrif kan lees en vir my kan sê wat dit beteken, sal ’n pers* kleed vir jou aangetrek word en ’n goue ketting om jou nek gehang word. En jy sal as die derde heerser in die koninkryk regeer.”+
29 Toe het Belʹsasar die bevel gegee, en hulle het vir Daniël ’n pers* kleed aangetrek en ’n goue ketting om sy nek gehang. En hulle het aangekondig dat hy die derde heerser in die koninkryk sou word.+