-
Daniël 12:7Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
7 Toe het ek die man in linneklere, wat bokant die waters van die rivier was, hoor praat. Hy het sy regterhand en sy linkerhand na die hemel opgelig en gesweer by die Een wat vir ewig lewe:+ “Dit sal ’n vasgestelde tyd, vasgestelde tye en ’n halwe tyd* wees. Sodra die mag van die heilige volk gebreek is,+ sal al hierdie dinge tot ’n einde kom.”
-
-
Openbaring 13:5-7Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
5 Hy is ’n mond gegee wat grootpraat en lasterlike dinge sê, en hy is gesag gegee om 42 maande lank op te tree.+ 6 En hy het sy mond oopgemaak en lasterlike dinge+ teen God gesê om sy naam en sy woonplek, ja, dié wat in die hemel woon,+ te belaster. 7 En hy is toegelaat om teen die heiliges oorlog te voer en hulle te oorwin,+ en hy is gesag oor elke stam en volk en taal en nasie gegee.
-