-
Rigters 20:4-6Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
4 Toe het die Leviet,+ die vermoorde vrou se man, geantwoord: “Ek het saam met my byvrou na Giʹbea van Benjamin gegaan+ om daar te oornag. 5 En die inwoners* van Giʹbea het teen my opgestaan en die huis in die nag omsingel. Hulle wou my doodmaak, maar hulle het toe eerder my byvrou verkrag, en sy het gesterf.+ 6 Daarom het ek my byvrou se liggaam geneem en dit opgesny en die stukke na elke gebied van Israel se erfdeel gestuur+ omdat hulle ’n skandelike ding in Israel gedoen het.
-