-
Esegiël 1:27, 28Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
27 Van sy heupe af boontoe het ek iets gesien wat soos elektrum gegloei het+ en soos ’n vuur uitgestraal het. Van sy heupe af ondertoe het ek iets gesien wat soos vuur gelyk het.+ Daar was ’n glans reg rondom hom 28 wat gelyk het soos ’n reënboog+ in ’n wolk op ’n reënerige dag. Dit was hoe die helder lig rondom hom gelyk het. Dit het soos die heerlikheid van Jehovah gelyk.+ Toe ek dit sien, het ek met my gesig na die grond toe neergeval, en ek het die stem begin hoor van iemand wat praat.
-