Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Jeremia 30:10
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 10 “En jy, my kneg Jakob, moenie bang wees nie,” sê Jehovah,

      “en moenie vrees nie, o Israel.+

      Want ek sal jou van ver af red,

      en jou nageslag uit die land van hulle gevangenskap.+

      Jakob sal terugkeer en rus en vrede hê,

      en daar sal niemand wees wat hulle bang maak nie.”+

  • Esegiël 34:28
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 28 Hulle sal nie meer vir die nasies prooi word nie, en die wilde diere van die aarde sal hulle nie verslind nie, en hulle sal in veiligheid woon, en daar sal niemand wees wat hulle bang maak nie.+

  • Esegiël 39:25, 26
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 25 “Daarom sê die Soewereine Heer Jehovah: ‘Ek sal die gevangenes van Jakob terugbring+ en genade betoon aan die hele huis van Israel,+ en ek sal my heilige naam ywerig verdedig.*+ 26 Nadat hulle verneder is as gevolg van al hulle ontrouheid teenoor my,+ sal hulle in veiligheid in hulle land woon, en daar sal niemand wees wat hulle bang maak nie.+

  • Hosea 2:18
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 18 In daardie dag sal ek vir hulle ’n verbond maak met die wilde diere van die veld+

      en met die voëls van die hemel en die kruipende diere van die aarde.+

      Ek sal die boog, die swaard en oorlog uit die land wegneem,+

      en ek sal hulle in veiligheid laat woon.+

  • Miga 4:4
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    •  4 Hulle sal elkeen onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom sit,+

      en niemand sal hulle bang maak nie,+

      want Jehovah van die leërmagte het dit gesê.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel