Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Markus 1:40-44
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 40 Daar het ook ’n melaatse na Jesus toe gekom, wat gekniel het en hom gesmeek het: “As u net wil, kan u my gesond* maak.”+ 41 En omdat hy baie jammer gevoel het vir die man, het hy sy hand uitgesteek, aan hom geraak en vir hom gesê: “Ek wil! Word gesond.”*+ 42 Sy melaatsheid het onmiddellik verdwyn, en hy het gesond* geword. 43 Toe het Jesus hom dadelik weggestuur en hom streng beveel: 44 “Moet vir niemand hiervan vertel nie, maar gaan wys jou vir die priester, en offer die dinge vir jou reiniging, net soos Moses voorgeskryf het.+ Dit sal as ’n getuienis vir hulle dien.”+

  • Lukas 5:12-14
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 12 Terwyl hy by ’n ander geleentheid in een van die stede was, was daar ’n man vol melaatsheid. Toe hy Jesus sien, het hy met sy gesig na die grond toe neergeval en hom gesmeek: “Here, as u net wil, kan u my gesond* maak.”+ 13 En hy het sy hand uitgesteek en aan hom geraak en gesê: “Ek wil! Word gesond.”* Die melaatsheid het onmiddellik verdwyn.+ 14 Toe het hy die man beveel om niemand hiervan te vertel nie. Maar hy het gesê: “Gaan wys jou vir die priester en bring ’n offer vir jou reiniging, net soos Moses voorgeskryf het.+ Dit sal as ’n getuienis vir hulle dien.”+

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel