-
Markus 5:1-3Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
5 Toe het hulle aan die oorkant van die see in die gebied van die Geraseners+ gekom. 2 En onmiddellik nadat Jesus uit die boot geklim het, het ’n man wat onder die beheer van ’n onrein gees was, tussen die grafte* uit na hom toe gekom. 3 Sy woonplek was tussen die grafte, en tot op daardie tydstip kon absoluut niemand hom vasbind nie, nie eers met ’n ketting nie.
-
-
Lukas 8:26, 27Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
26 Hulle het in die gebied van die Geraseners aangekom,+ wat oorkant Galileʹa is. 27 Maar toe Jesus op die land uitklim, het ’n sekere man uit die stad na hom toe gekom wat demone in hom gehad het. Hy het al ’n hele ruk lank nie klere gedra nie, en hy het nie in ’n huis gebly nie, maar tussen die grafte.*+
-