-
Matteus 8:28, 29Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
28 Toe hy aan die oorkant kom, in die gebied van die Gadareners, het twee mans tussen die grafte* uitgekom na hom toe.+ Daar was demone in hulle, en hulle was so gewelddadig dat niemand die moed gehad het om op daardie pad verby te gaan nie. 29 En hulle het geskree: “Wat het ons met jou te doen, Seun van God?+ Het jy hierheen gekom om ons voor die vasgestelde tyd te pynig?”+
-
-
Markus 5:2-10Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
2 En onmiddellik nadat Jesus uit die boot geklim het, het ’n man wat onder die beheer van ’n onrein gees was, tussen die grafte* uit na hom toe gekom. 3 Sy woonplek was tussen die grafte, en tot op daardie tydstip kon absoluut niemand hom vasbind nie, nie eers met ’n ketting nie. 4 Hy was dikwels met voetboeie en kettings vasgebind, maar hy het die kettings uitmekaargeruk en die voetboeie stukkend gebreek, en niemand het die krag gehad om hom te beheer nie. 5 En hy het heeltyd, dag en nag, in die grafte en in die berge geskree en homself met klippe stukkend gesny. 6 Maar toe hy Jesus van ver af sien, het hy gehardloop en voor hom neergebuig.+ 7 Toe het hy met ’n harde stem uitgeroep: “Wat het ek met jou te doen, Jesus, Seun van die allerhoogste God? Sweer by God dat jy my nie sal pynig nie.”+ 8 Want Jesus het reeds vir hom gesê: “Kom uit die man uit, jou onrein gees.”+ 9 Jesus het vir hom gevra: “Wat is jou naam?” En hy het geantwoord: “My naam is Legioen, want ons is baie.” 10 Hy het Jesus oor en oor gesmeek om nie die geeste uit die land uit te stuur nie.+
-