-
Markus 2:18-20Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
18 Johannes se dissipels en die Fariseërs het die gewoonte gehad om te vas. Toe het hulle gekom en vir hom gevra: “Hoekom vas Johannes se dissipels en die dissipels van die Fariseërs gereeld, maar u dissipels vas nie?”+ 19 Jesus het toe vir hulle gesê: “Die vriende van die bruidegom het geen rede om te vas terwyl die bruidegom+ by hulle is nie, of hoe? Solank hulle die bruidegom by hulle het, kan hulle nie vas nie. 20 Maar die dae sal kom wanneer die bruidegom van hulle af weggeneem sal word,+ en dan sal hulle op daardie dag vas.
-
-
Lukas 5:33-35Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
33 Hulle het vir hom gesê: “Johannes se dissipels vas dikwels en doen smeekgebede, en die dissipels van die Fariseërs doen dit ook, maar u dissipels eet en drink.”+ 34 Jesus het vir hulle gesê: “Julle kan tog nie die vriende van die bruidegom laat vas terwyl die bruidegom by hulle is nie, of hoe? 35 Maar die dae sal kom wanneer die bruidegom+ wel van hulle af weggeneem sal word. Dan sal hulle in daardie dae vas.”+
-