-
Matteus 9:14, 15Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
14 Toe het Johannes se dissipels na hom toe gekom en gevra: “Hoekom vas ons en die Fariseërs gereeld, maar u dissipels vas nie?”+ 15 Hierop het Jesus vir hulle gesê: “Die vriende van die bruidegom het geen rede om te treur solank die bruidegom+ by hulle is nie, of hoe? Maar die dae sal kom wanneer die bruidegom van hulle af weggeneem sal word,+ en dan sal hulle vas.
-
-
Markus 2:18-20Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
18 Johannes se dissipels en die Fariseërs het die gewoonte gehad om te vas. Toe het hulle gekom en vir hom gevra: “Hoekom vas Johannes se dissipels en die dissipels van die Fariseërs gereeld, maar u dissipels vas nie?”+ 19 Jesus het toe vir hulle gesê: “Die vriende van die bruidegom het geen rede om te vas terwyl die bruidegom+ by hulle is nie, of hoe? Solank hulle die bruidegom by hulle het, kan hulle nie vas nie. 20 Maar die dae sal kom wanneer die bruidegom van hulle af weggeneem sal word,+ en dan sal hulle op daardie dag vas.
-