-
Markus 10:46-52Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
46 Toe het hulle in Jeʹrigo aangekom. Maar toe hy en sy dissipels en ’n groot skare Jeʹrigo verlaat, het hulle Bartimeʹus (die seun van Timeʹus), ’n blinde bedelaar, langs die pad sien sit.+ 47 Toe hy hoor dat dit Jesus die Nasarener is, het hy begin uitroep en gesê: “Seun van Dawid,+ Jesus, betoon genade aan my!”+ 48 Baie het hom streng beveel om stil te bly, maar hy het al hoe meer uitgeroep: “Seun van Dawid, betoon genade aan my!” 49 Toe het Jesus stilgestaan en gesê: “Roep hom.” Hulle het dus die blinde man geroep en vir hom gesê: “Wees bly! Staan op. Hy roep jou.” 50 Hy het sy bo-kleed eenkant gegooi, opgespring en na Jesus toe gegaan. 51 Toe het Jesus vir hom gevra: “Wat wil jy hê moet ek vir jou doen?” Die blinde man het vir hom gesê: “Rabboeʹni,* laat my weer sien.” 52 Jesus het vir hom gesê: “Gaan. Jou geloof het jou gesond gemaak.”+ En onmiddellik kon hy weer sien,+ en hy het hom begin volg.
-
-
Lukas 18:35-43Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
35 En toe Jesus naby Jeʹrigo kom, het ’n blinde man langs die pad gesit en bedel.+ 36 Omdat hy gehoor het dat ’n skare daar verbygaan, het hy begin vra wat aan die gang is. 37 Hulle het vir hom gesê: “Jesus die Nasarener gaan verby!” 38 Toe het hy uitgeroep: “Jesus, Seun van Dawid, betoon genade aan my!” 39 En die mense wat voor geloop het, het hom streng beveel om stil te bly, maar hy het al hoe meer uitgeroep: “Seun van Dawid, betoon genade aan my!” 40 Toe het Jesus stilgestaan en beveel dat die man na hom toe gebring moet word. Nadat hy nader gekom het, het Jesus vir hom gevra: 41 “Wat wil jy hê moet ek vir jou doen?” Hy het gesê: “Here, laat my weer sien.” 42 Toe het Jesus vir hom gesê: “Jy kan weer sien. Jou geloof het jou gesond gemaak.”+ 43 En onmiddellik kon hy weer sien, en hy het hom begin volg+ terwyl hy God geloof het. Toe al die mense dit sien, het hulle God ook geloof.+
-