-
Markus 11:1-3Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
11 En toe hulle naby Jerusalem kom, by Betfaʹge en Betaʹnië+ teen die Olyfberg, het hy twee van sy dissipels gestuur+ 2 en vir hulle gesê: “Gaan in die dorpie in wat julle voor julle sien, en sodra julle daar ingaan, sal julle ’n jong donkie vind wat vasgemaak is en waarop niemand nog ooit gesit het nie. Maak hom los en bring hom hierheen. 3 En as iemand vir julle vra: ‘Hoekom doen julle dit?’ moet julle sê: ‘Die Here het hom nodig en sal hom dadelik hierheen terugstuur.’”
-
-
Lukas 19:28-31Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
28 Nadat hy hierdie dinge gesê het, het hy verder gegaan na Jerusalem. 29 Toe hy naby Betfaʹge en Betaʹnië kom, by die berg wat die Olyfberg+ genoem word, het hy twee van die dissipels gestuur+ 30 en gesê: “Gaan in die dorpie in wat julle voor julle sien, en nadat julle daar ingegaan het, sal julle ’n jong donkie vind wat vasgemaak is en waarop niemand nog ooit gesit het nie. Maak hom los en bring hom hierheen. 31 En as iemand vir julle vra: ‘Hoekom maak julle hom los?’ moet julle sê: ‘Die Here het hom nodig.’”
-