-
Matteus 21:1-3Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
21 Toe hulle naby Jerusalem kom en by Betfaʹge op die Olyfberg aankom, het Jesus twee dissipels gestuur+ 2 en vir hulle gesê: “Gaan in die dorpie in wat julle voor julle sien, en julle sal dadelik ’n donkie vind wat vasgemaak is, en ’n jong donkie by haar. Maak hulle los en bring hulle na my toe. 3 As iemand vir julle iets vra, moet julle sê: ‘Die Here het hulle nodig.’ Dan sal hy hulle onmiddellik stuur.”
-
-
Markus 11:1-6Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
11 En toe hulle naby Jerusalem kom, by Betfaʹge en Betaʹnië+ teen die Olyfberg, het hy twee van sy dissipels gestuur+ 2 en vir hulle gesê: “Gaan in die dorpie in wat julle voor julle sien, en sodra julle daar ingaan, sal julle ’n jong donkie vind wat vasgemaak is en waarop niemand nog ooit gesit het nie. Maak hom los en bring hom hierheen. 3 En as iemand vir julle vra: ‘Hoekom doen julle dit?’ moet julle sê: ‘Die Here het hom nodig en sal hom dadelik hierheen terugstuur.’” 4 Toe het hulle gegaan en die jong donkie gevind. Hy was by ’n deur vasgemaak, buite op die systraat, en hulle het hom losgemaak.+ 5 Maar party wat daar gestaan het, het vir hulle gevra: “Hoekom maak julle die donkie los?” 6 Hulle het vir hulle gesê presies wat Jesus gesê het, en hulle het hulle laat gaan.
-