-
2 Kronieke 24:20-22Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
20 God se gees het oor Sagariʹa, die seun van die priester Jojaʹda,+ gekom, en hy het voor* die volk gaan staan en vir hulle gesê: “Dít is wat die ware God sê: ‘Hoekom is julle nie gehoorsaam aan Jehovah se gebooie nie? Julle sal nie suksesvol wees nie! Omdat julle Jehovah verlaat het, sal hy julle verlaat.’”+ 21 Maar hulle het teen hom saamgesweer.+ En hulle het hom op die koning se bevel in die voorhof van Jehovah se huis met klippe doodgegooi.+ 22 Koning Joas het nie gedink aan die liefde wat Jojaʹda, Sagariʹa se pa, aan hom betoon het nie, en hy het sy seun, Sagariʹa, doodgemaak. Net voordat Sagariʹa gesterf het, het hy gesê: “Mag Jehovah jou hiervoor straf.”+
-