-
Markus 14:37-42Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
37 Hy het teruggegaan en gesien dat hulle slaap, en hy het vir Petrus gesê: “Simon, slaap jy? Het jy nie die krag gehad om een uur wakker te bly nie?+ 38 Hou aan waak en bid aanhoudend, sodat julle nie in versoeking kom nie.+ Die gees is natuurlik gretig,* maar die vlees is swak.”+ 39 En hy het weer weggegaan en gaan bid en dieselfde woorde gesê.+ 40 Hy het teruggekom en gesien dat hulle slaap, want hulle kon nie hulle oë oophou nie, en hulle het nie geweet wat om vir hom te sê nie. 41 En hy het die derde keer teruggekom en vir hulle gesê: “Op ’n tyd soos hierdie slaap julle en rus julle! Dit is genoeg! Die tyd het gekom!+ Die Seun van die mens word verraai en word aan sondaars oorgelewer. 42 Staan op, laat ons gaan. Kyk! My verraaier is naby.”+
-