-
Markus 15:45-47Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
45 Toe Pilatus bevestiging by die militêre offisier gekry het, het hy die liggaam vir Josef gegee. 46 Nadat hy fyn linne gekoop het en hom afgehaal het, het hy hom in die fyn linne toegedraai en hom in ’n graf* neergelê+ wat uit rots gekap was. Toe het hy ’n klip voor die ingang van die graf gerol.+ 47 Maar Maria Magdaleʹna en Maria die ma van Joses het bly kyk na die plek waar hy neergelê is.+
-
-
Johannes 19:38Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
38 En ná hierdie dinge het Josef van Arimateʹa na Pilatus toe gekom. Josef was ’n dissipel van Jesus, maar net in die geheim, want hy was bang vir die Jode.+ Hy het vir Pilatus gevra of hy Jesus se liggaam kan wegneem, en Pilatus het hom toestemming gegee om dit te doen. Daarom het hy gekom en die liggaam weggeneem.+
-