-
Lukas 8:35-37Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
35 Toe het mense gekom om te sien wat gebeur het. Hulle het by Jesus gekom en die man gevind uit wie die demone gekom het. Hy het klere aangehad, was by sy volle verstand en het by Jesus se voete gesit, en die mense het baie bang geword. 36 Die mense wat dit gesien het, het vir hulle vertel hoe die man in wie daar demone was, genees is. 37 Toe het baie mense van die omliggende gebied van die Geraseners hom gevra om van hulle af weg te gaan, want hulle was baie bang. Hy het toe in die boot geklim om te vertrek.
-